Gelukkige Vadersdag
Op die vooraand van Vadersdag deel ek graag 'n spekulatiewe perspektief... (Ek vra byvoorbaat omverskoning vir die veralgemening) As kinders leer ons meningde lesse deur ons ouers en ander belangrike rolvertolkers, maar daar is 'n handjie vol LEWENS-WYSHEDE. Daardie standaard reels en gereedskap wat in meer as 'n paar keer opgeroep kan word en jou oplig, grond, herhinder, sterk maak, sag maak en help met besluite. Soos 'n gesoute toergids wat jou al 'n leeftyd ken en bystaan, gebruik ons hierdie lesse en ons leer dit weer vir ons kinders. Hierdie geslags-siklus herhaal homself al eeue. In kort, ons kinders is ons grootste leermeesters, maar tot hul oud genoeg ge-ag word om hul onderwyspos te beklee, leer ons hulle alles wat hul 'n voorsprong gaan gee. Ons kyk dan hoe hul daardie lesse deur die lewe dra en toepas, hoe hul die self ook weer oordra aan hulle eie kroos. Jare gaan verby, en as ons dit kan waardeer, opmerk en skaamteloos erken; leer ons uiteindelik by ons kinders, ons nou volwasse, kinders; hoe ons oorgedrade wyshede ons kinders en kleinkinders kan potjie. Die grootste geskenk wat ons bejaarde-selwe aan ons volwasse-kinders kan gee, is 'n beproefte, vol en gebalanseerde wysheid met spasie vir verbetering. xxxx ..." Meneer en Mevrou Dunhauser is oppad Pikketberg toe. Hulle gaan vir die eerste keer in 3jaar weer vir Johantjie, hul kleinseun sien. Hy het gradeplegtigheid en ouma en oupa is sommer direk deur die kleuterskool genooi. Nie alle graad 0 grootouers het 'n formele uitnoding ontvant nie, maar nie alle grootouers het die klimraam en nuwe badkamers geborg nie. ... Oppad skoolsaal toe ry ouma, mamma en klein Tienie saam in een motor en die manne almal saam in oupa se luukse Audi. Johantjie is so opgewonde en verkyk hom aan al die liggies en knoppies, sy nuuskierige vingertjies, bewonder die sagte leersitplek en bevat en bevoel aan alles. Hy vra vrae vinniger as wat oupa die kan antwoord en sy stemmetjie gaan al hoe hoer en harder. Tussen in dui Johan Jnr vir sy pa die roete aan. GGGGGRRRRRRRRRRGGR!!!!!!!!!!!!!!! knal skielik agter J.Jnr. Asof die geluid die voels en verkeer ook stil gemaak het, sak 'n yskoue stillte toe op die 3generasies. Dit duur 'n oomblik, wat voel soos 4, en toe bars JJ los en verhef sy stem (en sy bloeddruk). Soos blits, in 'n oomblik wat 4 oomblikke lank was maar verby was in een; reik pappa agtertoe, soos 'n gimnas tol hy 180grade in die ronde, steek sy arm uit en voeter Johantjie. "Nou sit jy stil, bly still en gedra jouself!" "Jammer pa. Volgende stopstraat links.""... se Johan soos hy terug draai in sy sitplek. Johan Jnr het still sit en gedra goed geken toe hy nog net Junior was. Hy en sy twee susters het geweet van GEDRA, Johan Snr het homself goed van sy taak gekwyt om sy kroos maniere en gunstige gedrag te leer. Hulle ry in stilte verder, met net af en toe 'n handsein van JJ wat aandui waar om te draai. Die atmosfeer is dik, drie generasies; elkeen besig om 'n onderhandeling met homself te he... Johantjie kannie verstaan hoe moet hy nou op daai gloeiende boudwange stil sit nie? Hy probeer hard ophou huil, sy maats gaan verseker sien hy het gehuil, die gedagte alleen wek juis die angs wat in sy beurt net meer trane veroorsaak en hy voel totaal verslaan. Johan Junior voel verlee en en asof hy sy pa teleurstel. Hy praat homself moed in, herhinder homself dat Johantjie wel homself kan gedra, hy het mooi geleer. Nou voel hy sleg oor die ontydige-noodgedwonge-pakslae. Hy herhinder homself dat sy ouers nie elke daar daar is nie en dat hulle nie weet hoe Johantjie homself gewoonlik gedra nie. Dis mos nou die donnerse ironie van die lewe, hoekom nou juis nou! Hy voel fals en vuil, besmet met teleurstelling uit alle sienspunte. Johan Senior... voel ook, hy voel alles. Hy sien homself skielik in al drie rolle en kry soveel perspektief. Hy sien homself as Johantjie en onthou sy eie rooi boudjies en die antiklimaks van gesmoorde, onderdrukte, ontydige opwinding. Hy sien homself as jong ouer en hoe streng hy met Johan Junior was, hoeveel keer hy self, gevolge met 'n belt moes uitbeeld. As oupa wil hy net he Johantjie moet gemaklik en gelukkig wees, hy wil he Johantjie moet kind wees, vry wees en soveel van 'n verkenner bly as wat hy kan. Dan bly daar net Johan, die Johan wat skielik besef hy het dalk nie vir Junior alles geleer wat hy moes nie... Hy maak homself reg om hierdie ontdekking met sy seun te deel. "Hy sit gewoonlik doodstil pa, hy is nooit so woelig en manies nie." ...uiter JJ onverwags. Uit pure reaksie se Johan: "Woeligheid en praat is nie sonde nie my seun." Dit van Junior ook omkant en hy vergeld: "Vandat ek kan onthou se pa; hoe jy jouself gedra is hoe mense jou gaan behandel!" Meneer Johan Dunhauser glimlag geheimsinnig, hy besef hy het pas iets bygeleer. Hy sal die more, na die die gradeplegtigheid verby is, met JJ deel. Hy draai sy kop koesterend na Johan Junior: "Jy weet Junior... Ek het OOK gese: Ledigheid is die duiwel se oorkussing."

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *